SA is op koers vir sy grootste graanoes ooit
- Saamgestel deur Jana Roos

- Apr 24
- 1 min read
Suid-Afrika is op koers vir sy grootste graanoes ooit.
Dit is volgens landbou-ekonoom Wandile Sihlobo wat sê vroeë voorspellings vir die 2025–26-seisoen dui daarop dat somergraan en oliesade 20-komma-agt-miljoen ton kan bereik. Dit is twee persent hoër as die vorige maand en een persent hoër jaar-op-jaar.
Sihlobo sê die toename word gedryf deur uitgebreide aanplantingsgebiede en gunstige somerreën, wat opbrengste verhoog het.
Hy sê opwaartse hersienings in sleutelgewasse, insluitend mielies, sojabone en sonneblomsaad, ondersteun die vooruitsigte. Sihlobo sê terwyl die seisoen nog aan die gang is, dui huidige projeksies op ’n sterk landbouprestasie indien toestande gunstig bly.








Comments