SA kry nuwe munstukke
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jun 1
- 1 min read
Die Suid-Afrikaanse Munt het sy eerste ooit hoë-reliëf muntreeks, genaamd The African Range, bekend gestel.
Volgens AlgoaFM het die Munt in 'n verklaring die reeks beskryf as ’n viering van wêreldklas vakmanskap, en bygevoeg dat The African Range die grense van numismatiek herdefinieer deur die muntstuk van ’n tradisionele betaalmiddel te omskep in ’n beeldhoukundige kunswerk.
Die produkontwikkelingsbestuurder by die Suid-Afrikaanse Munt, Richard Stone, sê The African Range verteenwoordig ’n gewaagde afwyking van die tradisionele muntontwerpproses, wat gewoonlik met ’n plat tekening begin voordat dit deur modellering, skandering en gravering ontwikkel word.
Die nuwe ontwerpe is gebaseer op bestaande beeldhouwerke van die internasionaal bekroonde Suid-Afrikaanse kunstenaar Dylan Lewis, wat bekend is vir sy indrukwekkende wildlewe-kunswerke. Die eerste uitgawe van
The African Range fokus op die jagluiperd.








Comments