top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

SA leeders spel die beste in Afrika

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Apr 10
  • 1 min read

Die Minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, het amptelik die Afrika-spelkampioenskapstrofee ontvang nadat Suid-Afrikaanse leerders die eerste plek by die kontinentale kompetisie in Zimbabwe behaal het.


Span Suid-Afrika het aan die Afrika-been van die spelkompetisie deelgeneem en as algehele kampioene na vore getree. Een leerder, Ashton Singh, het ook die tweede plek in die Junior Afdeling behaal.


Gwarube prys die leerders en beskryf hul sukses as ‘n kragtige demonstrasie van die verband tussen geletterdheid en uitnemendheid.


Die departement se woordvoerder, Terence Khala, sê die trofee is ‘n viering van kontinentale sukses en ‘n hernude oproep tot aksie vir alle Suid-Afrikaners om by te dra tot die bou van ‘n leesnasie.


LUISTER HIER:


Terence Khala

Span Suid-Afrika spel die beste in Afrika. FOTO: Facebook
Span Suid-Afrika spel die beste in Afrika. FOTO: Facebook


 
 
 

Comments


bottom of page