top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

SA leen R2 miljard per week om die regering te finansier

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
10 hours ago
1 min read

Suid-Afrika leen byna R2 miljard per week om die regering te finansier. Dit is volgens die minister van Finansies, Enoch Godongwana.


Daarmee saam wil regeringsdepartemente hê belastingbetalers moet oor die volgende drie jaar ’n bykomende R717 miljard bydra om hul ambisieuse projekte te finansier. Godongwana sê egter hierdie geld bestaan nie.


Daily Investor berig die Nasionale Tesourie staan nou voor die moeilike taak om vir ministers en departemente “nee” te sê.


Die Nasionale Tesourie maak deur maandelikse publikasies duidelik hoeveel geld die staat deur belastinginkomste invorder en hoeveel skuld hy aangaan.


Godongwana sê dit is duidelik hoeveel die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) ingevorder en hoeveel bestee is.


Volgens die Nasionale Tesourie het Suid-Afrika se staatskuld ’n hoogtepunt van 78,4 % van die bruto binnelandse produk bereik, en begin dit nou afneem.


Enoch Godongwana. FOTO: Maroela Media
Enoch Godongwana. FOTO: Maroela Media

 
 
 

Comments


bottom of page