SA 'loop die gevaar om terug te keer na beurtkrag'
- Saamgestel deur Jana Roos

- May 4
- 1 min read
Suid-Afrika kan binne die volgende drie tot vier jaar ’n terugkeer na beurtkrag in die gesig staar indien Eskom voortgaan met sy huidige ontmantelingskedule.
Volgens Cresco se adviesvennoot, Dominic Goncalves, sal die skedule byna die helfte van Eskom se verouderende steenkoolaanlegte verwyder. Goncalves verduidelik dat hierdie bates moontlik nie voldoende met ander energiebronne vervang sal word nie.
Hy sê Suid-Afrika se gebrek aan plaaslike olieraffineringskapasiteit kan die situasie vererger.
Goncalves voeg by die plaaslike dieselraffineringskapasiteit het sedert 2020 gehalveer, wat die land sensitief maak vir globale skokke.








Comments