SA mans is soek nadat hulle glo dros uit die Oekraïne
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 27, 2025
- 1 min read
Twee Suid-Afrikaanse mans wat kontrakte onderteken het om as mediese ordonnanse in die Oekraïne opgelei te word, is nou soek nadat hulle weens drostery in hegtenis geneem is.
Dit nadat hulle na bewering 'n rat voor die oë gedraai is, aangesien hulle met hul aankoms in die Oekraïne aan militêre opleiding onderwerp is.
City Press berig Jhovan Mynhardt en Tyronne Slabbert is deur 'n Suid-Afrikaanse werwer genader om as operasionele paramedici in die Oekraïne opgelei te word.
Omstreeks twee weke gelede is die mans na 'n veldbasis geneem, en enkele dae later het hulle 'n taxi bestel en gevlug.
Hulle is egter betrap en in hegtenis geneem omdat hulle glo kontrakbreuk gepleeg het deur te dros.
Die twee se families is in kennis gestel dat hulle in hegtenis geneem is en veilig is, maar sedertdien is daar niks van hulle gehoor nie.






Comments