SA moet behuisingsagterstand vinniger aanpak

1 day ago
1 min read
’n Behuisingsagterstand wat na raming sowat 2.6 miljoen huishoudings raak, moet volgens die minister van Menslike Nedersettings, Thembi Simelane, dringend aangespreek word.
Simelane het dié standpunt gestel by ’n beraad in Boksburg, ter viering van die National Housing Finance Corporation, oftewel die NHFC, se 30ste bestaansjaar.
Sy sê hierdie korporasie het reeds behuisingsfinansiering ter waarde van meer as R13 miljard gefasiliteer. Die minister het bygevoeg dat die NHFC ook reeds meer as 800 000 gesinne gehelp het om toegang tot formele behuisingsgeleenthede te verkry.








Comments