top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

SA'ners kan nou klagtes teen telebemarkers indien

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 18
1 min read

Die Nasionale Verbruikerskommissie sê met die nuwe nasionale Opt Out-register kan Suid-Afrikaners amptelik klagtes indien indien hulle steeds oproepe van telebemarkers ontvang, al word die oproepe geblokkeer.


SABC-nuus berig die register is 'n gratis regeringsplatform waar verbruikers ongevraagde oproepe en elektroniese kommunikasie kan blokkeer.


Volgens 'n verslag van TrueCaller het Suid-Afrikaners in die eerste ses maande van vanjaar 17,47 miljard ongevraagde oproepe ontvang. Dit is 'n toename van 25 % teenoor dieselfde tydperk verlede jaar.


Die waarnemende kommissaris van die Verbruikerskommissie, Hardin Ratshisusu, sê indien bemarkers nie voor Desember op die Opt Out-register registreer om direkte bemarking te doen nie en steeds daarmee voortgaan, kan die kommissie hulle vervolg.


Ter illustrasie. FOTO: Wix
Ter illustrasie. FOTO: Wix

 
 
 

Comments


bottom of page