SA'ners word aangemoedig om goeie aanlyngewoontes te kweek

Die Film- en Publikasieraad doen ’n beroep op Suid-Afrikaners om goeie aanlyngewoontes te kweek om hulself teen kuberbedreigings te beskerm. Dit kom terwyl die land Kuberbewustheidsmaand vier.
Die veldtog word gevoer onder die tema om dit nie vir misdadigers maklik te maak nie.
Die raad beveel aan dat mense unieke wagwoorde vir verskillende rekeninge gebruik, tweefaktor-verifikasie aktiveer en verdagte boodskappe nagaan voordat hulle op skakels klik. Dit moedig die publiek ook aan om sagteware-opdaterings betyds te installeer om toestelle teen kuberaanvalle te beskerm.
Die raad voeg by kuberveiligheid gaan nie daaroor om paranoïes te wees nie, maar om voorbereid te wees en eenvoudige stappe te doen om persoonlike inligting te beskerm.









Comments