SA nie van plan om die saak teen Israel te onttrek nie

Apr 7, 2025
1 min read
Suid-Afrika het geen voorneme om die saak teen Israel aan die Wêreldhof te onttrek nie. Dít te midde van die Amerikaanse president Donald Trump se onttrekking van kritieke befondsing vir gesondheidsprogramme en onlangse handelstariewe teen Suid-Afrika. Dit is volgens die minister van Internasionale Betrekkinge, Ronald Lamola, wat krities is oor die Trump-administrasie se optrede teen Suid-Afrika. Lamola het in antwoord op ‘n geskrewe parlementêre vraag gesê Suid-Afrika het prosedures voor die Wêreldhof ingestel om die bestaan van die Palestynse volk as ‘n groep te bewaar, en om alle dade van apartheid en volksmoord teen hulle te beëindig.








Comments