top of page

SA onttrek die 90-dae Palestynse visumvrystelling

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 9h
  • 1 min read

Suid-Afrika se 90-dae visumvrystelling vir Palestynse paspoorthouers is, deur die minister van binnelandse sake, Leon Schreiber, teruggetrek.


Dit na ‘n groep van net meer as 150 Palestyne verlede maand met ‘n gehuurde vlug uit Kenia in die land aangekom het.


IOL berig volgens Schreiber word die korttermynvisumvrystellings algemeen deur lande gebruik om toerisme en korttermynreise aan te moedig.


Ondersoeke na die onlangse twee vlugte met Palestynse paspoorthouers het egter aan die lig gebring, dat sommige die vrystelling vir ‘vrywillige emigrasie’-pogings vir inwoners van die Gazastrook gebruik.


Baie van die passasiers sê glo dat hulle nie self die vlugte gehuur het nie, en dat hulle verbied was om bagasie saam te bring.


FOTO: IOL
FOTO: IOL

Comments


bottom of page