top of page

SA permitte en visas word glo verkoop

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Feb 23
  • 1 min read

Suid-Afrika se immigrasiestelsel is basies 'n markplek waar permitte en visas glo aan die hoogste bieër verkoop is. Dit is volgens die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) se waarnemende hoof, Leonard Lekgetho, na aanleiding van 'n uitgebreide ondersoek.


IOL berig korrupte amptenare van Binnelandse Sake het ongeveer R16,3 miljoen in omkoopgeld ontvang. Verskeie buitelanders is ook by hierdie ondersoek geïmpliseer, insluitend die self-erkende profeet, Shepherd Bushiri, en 'n Nigeriese televangelis, Timothy Omotoso.


Lekgetho sê permitte is deur korrupte amptenare uitgereik sonder om die meriete van aansoeke om asiel te assesseer. Ten einde die korrupsie te verbloem, is omkoopbetalings in die amptenare se huweliksmaats eerder as in hul eie bankrekeninge betaal, of deur "e-wallet"-oorbetalings en deur middel van selfoonnommers wat nie onder RICA geregistreer is nie.


Ter illustrasie. FOTO: Central News
Ter illustrasie. FOTO: Central News

 
 
 

Comments


bottom of page