top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

SA sal met die VSA bly onderhandel rakende invoertariewe

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 27
1 min read

Suid-Afrika sal met die VSA bly onderhandel om die nuwe Amerikaanse invoertariewe te verminder of op te hef, maar sal nie afstand doen van Swart Ekonomiese Bemagtiging nie.


Die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, sê die regering sal gesprekke met die Kantoor van die Amerikaanse Handelsverteenwoordiger voortsit en terselfdertyd konsepregulasies voorberei om die invoer van goedere wat deur dwang- of kinderarbeid vervaardig is, te verbied.


Intussen sê Suid-Afrika se ambassadeur in Amerika, Roelf Meyer, die opheffing van president Donald Trump se uitvoerende bevel is noodsaaklik om handelsbetrekkinge tussen die twee lande te herstel.


Parks Tau. FOTO: SABC News
Parks Tau. FOTO: SABC News

 
 
 

Comments


bottom of page