top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

SA se bek-en-klouseer variant is nie gevaarlik nie

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • May 14, 2025
  • 1 min read

Ten spyte daarvan dat die bek-en-klouseer-variant wat in Suid-Afrika algemeen voorkom, nie gevaarlik is nie, sê die VF Plus word die siekte as ‘n potensiële ramp in die land behandel. Die party is van mening dat die huidige maatreëls om die verspreiding van die siekte hok te slaan te streng is. Hulle beweer die sleutel tot die aanpak van die siekte lê in naspeurbaarheid, strategiese inenting, binnelandse produksie en akkurate wetenskaplike inligting. Volgens die VF Plus se Wynand Boshoff word vleis- en melkboere se finansiële situasie negatief beïnvloed deur die huidige beheermaatreëls.

 
 
 

Comments


bottom of page