SA se boonste armoedegrens styg
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 1 day ago
- 1 min read
Suid-Afrika se boonste armoedegrens het in 2026 tot R2 962 per persoon per maand gestyg.
Statistieke Suid-Afrika sê enigiemand wat onder hierdie bedrag leef, word as onder die boonste armoedegrens beskou. Die onderste armoedegrens is R1 457, terwyl die voedselarmoedegrens tot R868 per persoon per maand gestyg het.
Die drempels is gebaseer op inflasie-aangepaste pryse van Mei 2026 en weerspieël die koste van basiese voedsel en noodsaaklike nie-voedselbehoeftes.








Comments