SA se eie towerfluit is nou stil
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Apr 28
- 1 min read
Die operasangeres Mimi Coertse is Maandagaand in die ouderdom van 93 in haar huis in Pretoria oorlede. ’n Vriendin wat haar lank versorg het, Lizet du Plessis, sê sy is rustig in haar slaap oorlede, en sy was maar net broos en swak.
Netwerk24 berig Maria Sophia Coertse word beskou as die persoon wat die hoeksteen vir Suid-Afrikaanse opera gelê het.
Haar bekendste rol, die koningin van die nag in die Oostenrykse komponis Wolfgang Amadeus Mozart se opera Die Towerfluit, het sy meer as 500 keer wêreldwyd gesing.
Sy het glo reeds op drie-jarige ouderdom gebid om "die beste 'singer' in die hele wêreld" te wees.








Comments