SA se ekonomiese groei is afhanklik van dringende infrastruktuurhervormings
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 2 hours ago
- 1 min read
Suid-Afrika se ekonomiese groei bly afhanklik van dringende infrastruktuurhervormings.
Volgens die Buro vir Ekonomiese Navorsing toon ’n navorsingsnota dat hoë werkloosheid die behoefte aan hervorming al dringender maak.
Werkloosheid staan tans op meer as 32% volgens die eng definisie, en bo 42% volgens die uitgebreide definisie.
Die verslag doen ’n beroep op die regering van nasionale eenheid om veral energie-, water- en logistieke infrastruktuur te verbeter.
Daar word ook gevra vir die beskerming van instellings en beter samewerking binne die koalisie.
Internasionale voorbeelde toon dat hervorming ekonomiese groei en werkskepping aansienlik kan bevorder.








Comments