SA se ekonomiese groei is besig om te draai

Oct 1, 2024
1 min read
Suid-Afrika se ekonomiese groei is voglens Paul Mashatile, die adjunkpresident, besig om te draai. Mashatile het aan Bloomberg gesê hy glo die ekonomie kan volgende jaar met minstens een-komma-vyf persent groei. Die regering beoog om infrastruktuur, insluitend paaie, spoorweë en damme, as deel van ‘n ekonomiese herlewingsplan te bou Suid-Afrika se ekonomie het vanjaar ‘n paar positiewe punte gesien met inflasie wat gedaal het en die rand wat sterker teenoor buitelandse geldeenhede geword het.








Comments