top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

SA se ingemaakte sardientjies bly veilig vir verbruik

  • Writer: Saamgestel deur Jana Roos
    Saamgestel deur Jana Roos
  • 1 day ago
  • 1 min read

Suid-Afrika se ingemaakte sardientjies bly veilig vir verbruik ondanks die opsporing van sardienherpesvirus (PHV) in wilde sardienpopulasies.


Dit is volgens die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing en die nasionale reguleerder vir verpligte spesifikasies (NRCS). Hulle sê dit is nie bekend dat sardienherpesvirus mense of diere affekteer nie en dat daar geen bewyse is dat dit siekte by mense veroorsaak nie.


Hulle voeg by dat die kommersiële hittebehandelingsproses wat tydens inmaak gebruik word, aan die vereiste standaard voldoen om virusse, insluitend sardienherpesvirus, te vernietig.


Die departement en die NRCS raai die publiek egter aan om nie dooie of sterwende sardientjies wat op strande gevind word, te versamel, te hanteer of te eet nie.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

 
 
 

Comments


bottom of page