top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

SA se landswapen mag nie sonder goedkeuring gebruik word nie

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • May 19
  • 1 min read

Die Departement van Sport, Kuns en Kultuur het die beweerde ongemagtigde gebruik van die Suid-Afrikaanse landswapen in ’n organisasie se logo vir ondersoek verwys.


Die Somaliese Vereniging van Suid-Afrika word daarvan beskuldig dat die landswapen sonder toestemming in sy handelsmerk gebruik is.


Minister Gayton McKenzie sê die landswapen word deur wetgewing beskerm en mag nie sonder skriftelike goedkeuring gebruik word nie.


Die departement het nou ’n amptelike ondersoek gelas en verwag binne tien werksdae terugvoer.


Gayton McKenzie. FOTO: Facebook
Gayton McKenzie. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page