SA se toerismesektor toon ‘n sterk herstel
- Saamgestel deur Jana Roos

- May 6
- 1 min read
Die parlement sê Suid-Afrika se toerismesektor het verlede jaar sterk herstel getoon, met internasionale aankomste wat bo die vlakke van voor COVID-19 gestyg het.
Die Portefeuljekomitee oor Toerisme het vergader om sy begrotingsstemmingsverslag te oorweeg. Volgens die komitee het die land verlede jaar tien-komma-vyf miljoen internasionale aankomste aangeteken, ’n toename van 17-komma-sewe persent vanaf 2024. Dit sê dat streeksreise in Afrika ’n belangrike rol in die herstel gespeel het, en meer as 75 persent van die aankomste verteenwoordig.
Die komitee spreek egter kommer uit oor uitdagings in die sektor, insluitend verouderde strategieë, bestuurskwessies en aanspreeklikheid.
Intussen sê die Portefeuljekomitee valse internasionale narratiewe, insluitend bewerings van ’n wit volksmoord in Suid-Afrika, kan toerisme skade berokken. Die komitee sê die Departement van Toerisme het geen duidelike veldtog om hierdie valse narratief teen te werk nie.
Dit het ook aan die lig gebring dat die departement nie ’n veerkragtigheidstrategie het om toerisme buite spitstye of geopolitieke onstabiliteit te hanteer nie. Die komitee sê minister Patricia de Lille moet verseker dat haar departement hierdie leemtes in sy jaarlikse prestasieplan aanspreek.








Comments