top of page

SA se wateruitdagings moet ’n nasionale ramp wees

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Feb 19
  • 1 min read

Oproepe neem toe dat Suid-Afrika se volgehoue wateruitdagings as ’n nasionale ramp verklaar word.


Die organisasie People’s Water Forum sê hoewel Gauteng se onlangse waterkrisis besig is om te bedaar is die onderliggende probleme nog nie opgelos nie. Die forum het by ’n mediakonferensie by Constitutional Hill in Johannesburg gewaarsku dat verouderde infrastruktuur, droogte en hoë waterverbruik dringend aangespreek moet word.


Burgerlike organisasies vra strenger waterbeperkings en gemeenskapskonsultasie om die land se watervoorsiening te beveilig.


Ter illustrasie. FOTO: Wix
Ter illustrasie. FOTO: Wix

 
 
 

Comments


bottom of page