top of page

SA se weermag 'kan steeds land verdedig'

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jun 25, 2025
  • 1 min read

Ten spyte van die Suid-Afrikaanse weermag se finansiële en operasionele probleme, hou die minister van verdediging, Angie Motshekga, vol dat hulle steeds die land en sy mense teen enige veiligheidsbedreigings kan beskerm. Motshekga het Dinsdag die parlement tydens ʼn vraag- en antwoordsessie toegespreek. Sy het erken dat daar groot uitdagings is en dat die weermag ʼn groter begroting nodig het, maar sê dit beteken nie dat Suid-Afrika ʼn maklike teiken geword het nie. Volgens Motshekga ervaar die Suid-Afrikaanse Lugmag die grootste agterstand.

 
 
 

Comments


bottom of page