top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

SA se werkloosheidsyfer daal

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Feb 17
  • 1 min read

Updated: Feb 18

Suid-Afrika se amptelike werkloosheidsyfer het in die vierde kwartaal van 2025 tot 31.4% gedaal, ‘n halwe persentasiepunt laer as die vorige kwartaal.


Volgens die jongste Kwartaallikse Arbeidsmagopname het die aantal werkende mense met 44 000 tot 17.1 miljoen gestyg.


Dit terwyl werkloosheid met 172 000 tot 7.8 miljoen gedaal het.


Die werkende ouderdomsbevolking staan ​​nou op 42.1 miljoen.


Statistieke Suid-Afrika sê werkswinste is in gemeenskaps- en maatskaplike dienste, konstruksie en finansies aangeteken.  


Hulle voeg egter by werkverliese is in handel, vervaardiging en mynbou gesien.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

 
 
 

Comments


bottom of page