SA sien ‘n toename in steun vir militêre bewind
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Nov 4
- 1 min read
Die jongste Afrobarometer-opname het aan die lig gebring dat steun vir militêre bewind in Suid-Afrika van 28% in 2022 tot 49% vanjaar toegeneem het.
Die Sentrum vir Risiko-ontleding sê dit beteken egter nie dat Suid-Afrikaners hul hardverdiende demokratiese vryhede wil prysgee nie.
Volgens die sentrum se uitvoerende direkteur, Chris Hattingh, toon die opname dat burgers gefrustreerd is met beperkte sosio-ekonomiese vooruitgang in die land.
Hy sê landsburgers verlang na meer effektiewe leierskap om voortdurende mislukkings in ekonomiese groei, werkskepping, skoon regering en basiese dienslewering aan te pak.






Comments