top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

SA uitgewers is nie ten gunste van die wysigingswetsontwerp op kopiereg nie

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 21, 2024
1 min read

Om literêre werk vir blindes toeganklik te maak word deur die Uitgewersvereniging van Suid-Afrika (PASA) ondersteun, alhoewel hulle byvoeg dat die wysigingswetontwerp op kopiereg gebrekkig is.  Die wetsontwerp, soos berig deur Eye Witness News, wat deur beide huise van die Parlement goedgekeur is, poog om - onder andere - blinde of gesiggestremde mense toe te laat om gepubliseerde materiaal in toeganklike formate soos braille om te skakel, sonder om toestemming van kopiereghouers te versoek. Volgens ‘n konstitusionele hofuitspraak in September 2022 het die hooggeregshof beslis dat seker klousules van die 1978 outeurswet ongwettig is en het hulle vrystelling van die klousules gegee. PASA, wat die meerderheid van Suid-Afrika se uitgewerye verteenwoordig se probleem is egter dat die wysigings Suid-Afrikaanse kultuur en werke vir eie gewin aan groot tegnologiemaatskappye beskikbaar stel sonder vergoeding en beloning vir Suid-Afrikaanse kreatiewes. Volgens die president se kantoor word daar tans aan die verwerking van die wetsontwerp gewerk maar het egter geen tydleen verskaf wanneer dit onderteken sal word nie.

 
 
 

Comments


bottom of page