SA verhoog sy Ebola-bystand na miljoene rand
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 5 minutes ago
- 1 min read
Suid-Afrika het sy finansiële bydrae tot die bekamping van die Ebola-uitbreking in in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) en Uganda verhoog tot R220 miljoen. President Cyril Ramaphosa het ook dringende optrede geëis om die dodelike virus, wat reeds honderde lewens geëis het, in bedwang te bring.
Nova News berig Ramaphosa het die aankondiging vandeesweek gemaak tydens ’n hoëvlak-virtuele vergadering van staatshoofde van die Afrika-unie (AU). Die vergadering het ten doel om steun van die vasteland en die internasionale gemeenskap te mobiliseer om die verspreiding van die virus te stop en paraatheid in buurlande te versterk.
Rosestad-nuus se Ilde Roos verduidelik verder Ramamphosa sê met geen entstof of antivirale middel beskikbaar nie, neem die menslike koste toe met elke dag wat die verspreiding onbeheers voortduur.
LUISTER HIER:
TRANSKRIPSIE:
Ramaphosa, wat dien as die AU-kampioen vir pandemiese paraatheid, voorkoming en reaksie, het leiers aangemoedig om hul bydraes te handhaaf of te verhoog, en beloftes in tasbare ondersteuning om te skakel. Ramaphosa het ook die standpunt van die Afrika-sentrum vir Siektebeheer en -voorkoming ondersteun teen algemene reisverbodmaatreëls, en ’n beroep gedoen op Afrika-finansiële instellings, ontwikkelingsbanke, filantrope en die private sektor om die reaksiepoging te ondersteun.








Comments