top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

SA verseker ‘n multimiljard rand-belegging

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 1 day ago
  • 1 min read

Suid-Afrika en die Asiatiese Infrastruktuurbeleggingsbank het ’n R8 miljard soewerein-gesteunde lening onderteken om klimaatsbestande stedelike dienste te versterk.


Die befondsing sal water, sanitasie, elektrisiteit en vaste afvalbestuur ondersteun deur die Metro Trading Services Program.


Die lening, wat saam met die Wêreldbank gefinansier word, vorm deel van ’n breër 3 miljard dollar, oftewel sowat R50 miljard, regeringsgeleide inisiatief, en is die Asiatiese Infrastruktuurbeleggingsbank se eerste belegging in Suid-Afrika.


Die program is daarop gemik om bestuur te verbeter en munisipale waterverliese van 41% tot 28% te verminder. Dit terwyl elektrisiteitsverliese van 22 persent tot 12 persent oor agt metropolitaanse munisipaliteite verminder word.


Ter illustrasie. FOTO: Wix
Ter illustrasie. FOTO: Wix

 
 
 

Comments


bottom of page