SA verwerp 'n Internasionale Strafhof-petisie oor aanvalle teen buitelandse burgers
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jul 23
- 1 min read
Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking het ’n petisie wat teen Suid-Afrika by die Internasionale Strafhof ingedien is, van die hand gewys.
Twee Ghanese burgers het die petisie ingedien en die hof versoek om ondersoek in te stel na wat hulle as aanvalle teen buitelandse burgers beskryf.
Hulle voer aan dat die aanvalle moontlik misdade teen die mensdom kan uitmaak.
Die departement sê die petisie is opportunisties en voldoen nie aan die wetlike vereistes vir die hof om op te tree nie.
Dit sê Suid-Afrika het vertroue in sy regstelsel om oortredings wat verband hou met rassisme, xenofobie en verwante onverdraagsaamheid te hanteer.








Comments