SA wag op die VSA vir 'n datum vir handelsgesprekke
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jan 22
- 1 min read
Die Suid-Afrikaanse regering sê hulle wag op die Verenigde State van Amerika om ‘n datum te verskaf om handelsgesprekke voort te sit. Suid-Afrika en Amerika is in gesprekke betrokke sedert Donald Trump verlede jaar as president van die wêreld se grootste ekonomie teruggekeer het.
Hy het tariefverhogings ingestel op verskeie lande, insluitend Suid-Afrika. Suid-Afrika het sedertdien probeer om sy betrekkinge met Amerika reg te stel.
Die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, sê besprekings met Amerika duur voort.





Comments