SA Weerdiens se webwerf is amper weer reg

Feb 24, 2025
1 min read
Die Suid-Afrikaanse Weerdienste (SAWS) se lugvaartwebwerf is weer aanlyn, maar weervooruitsigte is nog nie op die webwerf beskikbaar nie. TimesLIVE berig dit is na 'n kuberaanval in Januarie wat sy inligtings- en kommunikasietegnologie (IKT) infrastruktuur lamgelê het. Die weerdiens bevestig dat kuberveiligheid- en IKT-kenners, het die lugvaartwebwerf weer aanlyn gebring. SAWS se woordvoerder Hannelee Doubell het gesê alhoewel die hoofwebwerf en sentrum van weer- en klimaatdata ook weer aanlyn is, is weervooruitsigte nog nie op die webwerf beskikbaar nie. Gebruikers sal ernstige weerwaarskuwings, onder andere, op die platform kan bekom.








Comments