SA wen silwer by die internasionale WorldSkills-kompetisie

Sep 29
1 min read
Suid-Afrika het ’n silwermedalje by die WorldSkills Internasionale Kompetisie in Sjanghai, China, verower.
Matthew Bowen het tweede geëindig in die kategorie vir vliegtuigonderhoud.
Die 48ste kompetisie het jongmense van regoor die wêreld bymekaargebring om hul tegniese en beroepsvaardighede te toets.
Suid-Afrika het 29 jongmense gestuur om in 27 kategorieë mee te ding.
Die voorsitter van die Hoër Onderwys-portefeuljekomitee, Tebogo Letsie, het die span met die prestasie gelukgewens.
Hy sê dit kan help om persepsies oor Tegniese en Beroepsonderwys en -opleidingskolleges te verander en meer jongmense aan te moedig om loopbane as ambagslui te oorweeg.









Comments