SA wen weer goud by Chelsea-blommeskou
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 5 days ago
- 1 min read
Suid-Afrika het vir die derde agtereenvolgende jaar ’n goue medalje by die Chelsea-blommeskou in Londen gewen.
Die uitstalling is ook as die beste uitstalling in die Groot Paviljoen aangewys.
Vanjaar se tema vir die tuin was Life after Fire en het die herstel van fynbos ná veldbrande uitgebeeld, en het verbrande proteas, verkoolde hout en vloeiende water bevat om die regenerasie van fynbos na brande uit te lig.
Swaar reën in die Wes-Kaap het kwekers amper verhoed om blomme vir die uitstalling te oes, terwyl vervoerontwrigtings ook die projek bedreig het.
Die bekroonde tuin sal van 12 tot 24 September in Stanford in die Wes-Kaap herskep word.








Comments