top of page

BKS: Saai en AfriForum open 'n noodlyn vir boere

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jan 18
  • 1 min read

Updated: Jan 19

Die landbouorganisasies Saai en AfriForum het ʼn sielkundige noodlyn oopgemaak vir boere wat depressief raak as gevolg van die huidige bek-en-klouseer krisis.


Die voorsitter van Saai, Theo de Jager, sê hulle is op die punt waar familielede hulle op ʼn daaglikse basis kontak om kommer uit te spreek oor boere se gemoedstoestand.


Wanneer hul diere op ʼn streep vrek is dit nie net ʼn erge finansiële verlies vir die boer nie, maar ook ʼn emosionele trauma.


Die noodlyn behels ʼn landwye netwerk van 202-trauma-vrywilligers en ʼn professionele netwerk van beraders wat sielkundiges insluit.


Suid-Afrika beleef tans een van die ergste uitbrekings van bek-en-klouseer nog.


Bek-en-klouseer. FOTO: Netwerk24
Bek-en-klouseer. FOTO: Netwerk24

Comments


bottom of page