SABC News vier 75 jaar
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 17, 2025
- 1 min read
Die staatsuitsaaier SABC se nuusdiens vier Donderdag 75 jaar.
Op 17 Julie 1950 is die eerste nuusbulletin op Suid-Afrikaanse radio uitgesaai. Twee jaar later is plaaslike bulletins ook ingesluit, gevolg deur herdiffusiedienste wat in Afrika-tale uitgesaai is.
Volgens SABC News het die korporasie sedertdien na televisiebulletins en digitale stroming uitgebrei, en plaas hy homself nou as die leier in die voorsiening van onafhanklike en onpartydige nuus in Afrika en wêreldwyd.






Comments