Sabric waarsku dat bankrekeningoornames aan die toeneem is
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 4 hours ago
- 1 min read
Suid-Afrikaners word gewaarsku oor ‘n skerp toename in bedrog met bankrekeningoornames.
Volgens die Suid-Afrikaanse Bankrisiko-inligtingsentrum (Sabric) begin die misdaad tipies met uitvissing, vals oproepe van bankamptenare of kwaadwillige skakels wat gebruik word om bankbewyse en eenmalige wagwoorde te steel.
Misdadigers gebruik ook sagteware vir afstandtoegang en skermdeling om beheer oor slagoffers se toestelle en rekeninge te verkry.
Verliese met kredietkaartoornames het in 2025 met byna 67% gestyg, terwyl debietkaartverliese met meer as 325% gestyg het.
Sabric dring daarop aan dat kliënte nooit bankbewyse of eenmalige wagwoorde (OTP’s) deel of vreemdelinge afstandtoegang tot hul toestelle gee nie.







Comments