top of page

SABS verloor hul akkreditasie

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jan 29
  • 1 min read

Die Suid-Afrikaanse Buro vir Standaarde (SABS) het die Parlement ingelig dat hy sy akkreditasie weens bestuurs- en stelselfoute verloor het. Central News berig die SABS, wat verantwoordelik is vir die versekering van die veiligheid- en kwaliteitstandaarde van produkte in Suid-Afrika, is onder die vergrootlas ná verskeie fluitjieblaserverslae waarin ernstige wangedrag en swak bestuur beweer word. Die SABS se waarnemende uitvoerde hoof beklemtoon die verlies aan akkreditasie beteken hulle mag nie permitte met die Suid-Afrikaanse Nasionale Akkreditasiestelsel se logo vir nuwe kliënte, nuwe produkte of hernuwings uitreik nie. Bestaande kliënte bly egter onaangeraak. Die minister van handel, nywerheid en mededinging, Parks Tau, sê die bewerings sal ondersoek word.

 
 
 

Comments


bottom of page