top of page

SADTU vra vir meer hulpbronne

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 3, 2025
  • 1 min read

Die onderwys unie SADTU in die Vrystaat het die provinsiale onderwysdepartement versoek om in meer hulpbronne te belê om sodoende onderwysers te ondersteun. SABC News berig dit volg nadat die departement die provinsiale Moedertaalgebaseerde Tweetalige Onderwys-veldtog in die provinsie van stapel gestuur het. Die veldtog is daarop gemik om leerders se prestasie te verbeter en taalkundige diversiteit in laerskole te bevorder. Volgens SADTU se provinsiale sekretaris, Bricks Moloi, sal onderwysers, met die bekendstelling van huistale vir die onderrig van syfervaardigheid en ander geletterdheidsvakke, opleiding benodig om beter toegerus te wees vir die oorgang.

 
 
 

Comments


bottom of page