Safa president, Danny Jordaan, staan op aanklagte van bedrog tereg

Nov 13, 2024
1 min read
Die president van die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging (Safa), Danny Jordaan, het vandag saam met sy twee medebeskuldigdes in die gespesialiseerde handelsmisdaadhof in Palm Ridge verskyn. Hy staan op aanklagte van diefstal en bedrog tereg na hy glo een-komma-drie miljoen rand se Safa-fondse sonder magtiging bestee het. Jordaan het na bewering die geld gebruik om ‘n kommunikasiemaatskappy aan te stel om sy beeld te verbeter nadat hy verkragtingsaanklagte in die gesig gestaar het. Hy het Dinsdag dokumente by die Johannesburgse hooggeregshof ingedien om sy inhegtenisname en vervolging te keer.








Comments