top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Saftu kritiseer die verwerping van die voorstel van welvaartsbelasting

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jul 5
  • 1 min read

Die vakbond Saftu kritiseer die minister van finansies, Enoch Godongwana, omdat hy oproepe om ‘n welvaartsbelasting in te stel, verwerp het.


Die federasie sê die besluit beskerm die land se rykste mense terwyl gewone Suid-Afrikaners steeds werkloosheid, armoede en stygende lewenskoste in die gesig staar.


Saftu voer aan dat ‘n progressiewe welvaart- of solidariteitsbelasting sal help om ongelykheid te verminder en fondse in te samel vir werkskepping, openbare dienste en ekonomiese ontwikkeling.


Dit sê Suid-Afrika kan nie ‘n inklusiewe ekonomie bou terwyl gekonsentreerde welvaart grootliks onbelas bly nie.


Enoch Godongwana. FOTO: Bloomberg
Enoch Godongwana. FOTO: Bloomberg

 
 
 

Comments


bottom of page