Saftu veroordeel die goedkeuring van ‘n salarisverhoging vir ampsdraers
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jan 21
- 1 min read
Die vakbondfederasie Saftu verwerp president Cyril Ramaphosa se besluit om ‘n salarisverhoging van 3.8% vir top politieke ampsdraers goed te keur.
Saftu sê hierdie besluit is ‘n direkte belediging vir die werkersklas en armes in ‘n tyd wanneer miljoene Suid-Afrikaners skaars oorleef onder verslegtende ekonomiese toestande.
Die verhoging is van toepassing op die president, adjunkpresident, ministers, adjunkministers, premiers, LUR’e en parlementslede.
Die ministers alleen sal ongeveer meer as R100 000 per jaar ontvang.
Saftu vra vir die onmiddellike omkeer van die salarisverhoging.







Comments