top of page

Saftu vra strenger produksiemonitering in tabak- en alkoholbedrywe

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 6d
  • 1 min read

Die vakbond Saftu doen ’n beroep op verpligte en tydige monitering van produksie in Suid-Afrika se tabak- en alkoholbedrywe.


Dit volg nadat die Suid-Afrikaanse Inkomstediens ’n vyfpuntplan voorgestel het om die onwettige ekonomie, wat na raming tussen R800 miljard en R1,2 triljoen werd is, hok te slaan.


Saftu sê hulle verwelkom die voorgestelde plan, maar meen dit moet gepaard gaan met sterker afdwingingsmeganismes.


Volgens die vakbond bly die tabaksektor ’n groot bron van kommer, met onwettige sigarette wat na raming sowat 75% van die plaaslike mark uitmaak.


Saftu het ook ’n beroep op die Nasionale Tesourie gedoen om befondsing vir wetstoepassing te versterk en vervolgings te prioritiseer.


Ter illustrasie. FOTO: Daily Maverick
Ter illustrasie. FOTO: Daily Maverick

 
 
 

Comments


bottom of page