Saftu wil banke aanspreeklik hou as hulle met die rentekoers gekonkel het
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jan 18
- 1 min read
Updated: Jan 19
Die vakbondfederasie Saftu sê banke moet aanspreeklik gehou word as daar bevind word dat hulle saam gekonkel het rakende die prima-rentekoers.
Dit volg nadat die mededingingskommissie in die week weer bevestig het dat dit ʼn saak ondersoek wat verband hou met die prima-uitleenkoers.
Die ondersoek het reeds in 2021 begin en is volgens die kommissie in ʼn gevorderde stadium.
Saftu vra dat al die relevante inligting insake die ondersoek in die openbare domein geplaas word en dat banke ernstige boetes opgelê moet word as hulle skuldig is aan die beweerde kartelgedrag.







Comments