Sahpra herroep Citro-Soda
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Mar 25
- 1 min read
Die Suid-Afrikaanse Gesondheidsprodukte Reguleringsowerheid, Sahpra, het sekere bondels Citro-Soda herroep ná ernstige probleme by ’n vervaardigingsaanleg in Johannesburg.
Die hoof uitvoerende beampte, Boitumelo Semete-Makakotlela, sê die besluit volg op ’n geteikende inspeksie nadat kommer oor die produk aangemeld is.
Sy sê inspekteurs het verskeie oortredings van goeie vervaardigingspraktyke gevind — standaarde wat moet verseker dat produkte veilig en skoon is.
Volgens Semete-Makakotlela is metaal- en swart oorblyfsels ook op toerusting gevind wat veronderstel was om skoon te wees.
Sahpra sê die herroeping is ’n voorsorgmaatreël om verbruikers te beskerm.








Comments