Sahpra waarsku oor vervalste medisyne
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 7 days ago
- 1 min read
Die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte, Sahpra, waarsku dat vervalste medisyne al hoe makliker in Suid-Afrika beskikbaar is.
SABC News berig georganiseerde misdaadsindikate oorstroom die plaaslike mark met onder meer vervalste gewigsverliesinspuitings, antibiotika, pynmedikasie en medisyne vir chroniese siektes soos MIV.
Sahpra sê hy gaan 'n landwye bewusmakingsveldtog van stapel stuur om die onwettige handel hok te slaan en die publiek te help om goedgekeurde medisyne veilig te bekom.
Die uitvoerende hoof van Sahpra, Boitumelo Semete-Makokotlela, waarsku dat voorskrifmedisyne en inspuitbare medikasie nie op sosiale media of ander ongemagtigde aanlyn platforms gekoop behoort te word nie.








Comments