Sahpra waarsku teen immuunversterkers
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 5 hours ago
- 1 min read
'n Waarskuwing is uitgereik rakende produkte wat as immuunversterkers vir kinder sonder 18 jaar bemark word én wat sinkpikolinaat en/of selenium bevat.
Maroela Media berig beide die bestandele is deur die Suid-Afrikaanse Gesondheidsprodukte Reguleringsowerheid (Saphra) geïdentifiseer as bestanddele wat nie in gesondheidsaanvullings vir kinders toegelaat word nie.
Sinkpikolinaat, selfs by enige aanvullende dosis, kan newe-effekte soos spysverteringsprobleme, diarree, hoofpyn, naarheid en braking veroorsaak.
Gesondheidswerkers en verspreiders word versoek om verspreiding te staak en geaffekteerde produkte van rakke en bergingsfasiliteite te verwyder.
Mense word versoek om hierdie produkte aan aptekers of verskaffers terug te besorg.







Comments