top of page

SAID plaas groter verantwoordelikheid op belastingbetalers

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jun 15, 2025
  • 1 min read

Die Suid Afrikaanse Inkomstediens (SAID) kommunikeer nou slegs elektronies en het einde verlede maand opgehou om enige briewe te pos. Dit plaas groter verantwoordelikheid op belastingbetalers om hul kontakbesonderhede op eFiling op datum te hou en gereeld hul profiel na te gaan. Belangrike kennisgewings sluit onder meer oudits, boetes en terugbetalings in. Indien jy ’n boodskap mis, kan dit tot boetes, rente, skuldinvordering of verlore geleenthede lei. Tax Consulting SA beklemtoon die belang van gereelde kommunikasie en die gebruik van ’n belastingpraktisyn indien nodig.

 
 
 

Comments


bottom of page