SAID rapporteer verbeterings in belastinginvordering

Oct 26, 2024
1 min read
Die kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), Edward Kieswetter, sê belastinginvordering het verbeter, ten spyte van stadige ekonomiese groei. Hy het die deelnemers by die Inklusiewe Groeiforum in Drakensberg in KwaZulu-Natal toegespreek. Die SAID het R1,7-biljard se inkomste vir die 2023/24-boekjaar ingesamel. Kieswetter sê dat toenemende nakoming ‘n groter openbare vertroue in die SAID weerspieël. Hy het egter gewaarsku dat misdaad ‘n alternatief vir indiensneming word, aangesien die regering se werkskeppingspogings te kort skiet.








Comments