SAID rig visier op kripto-bate-uitruilings

Oct 10, 2024
1 min read
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het bevestig dat hy die vermoë het om inligting direk vanaf plaaslike kripto-bate-uitruilings te ontvang. Business Tech berig die inkomstediens het nou die visier gerig op die byna ses miljoen Suid-Afrikaanse belastingbetalers wat hierdie bates hou. Suid-Afrikaners se gebruik van verskeie digitale geldeenhede, veral die voorkoms van kripto-bates het fenomenaal gegroei, en die inkomste diens is bekommerd dat hierdie kripto-bates en -transaksies nie op die belastingopgawes van belastingbetalers verklaar word nie.








Comments