Sakeliga, Neasa baklei teen indiensnemingskwotas
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 10, 2025
- 1 min read
Die Sakeliga en die werkgewersorganisasie Neasa het ’n dringende aansoek in die hof ingedien teen die nuwe wet op gelyke indiensneming.
Die wysigingswet, wat in Januarie in werking getree het, vereis dat maatskappye met meer as 50 werknemers hul personeelstruktuur aan nasionale demografie aanpas.
Die organisasies sê die kwotas is ongrondwetlik, irrasioneel en sonder behoorlike konsultasie ingestel.
Hulle waarsku dit sal besighede duur te staan kom. ’n Tweede hofaksie sal op die grondwetlikheid van die kwotas fokus.






Comments